Lisensiekaart_Banier_Afr-768x432-1
34645
lisensiesvervalnie.co.za
Weg met lisensiehernuwings!
11672

0

40000

Weg met lisensiehernuwings!

AfriForum is besig om regstappe te doen teen die vereiste om lisensiekaarte elke vyf jaar te hernu. Die burgerregteorganisasie het hofstukke ingedien waarin dit ‘n verklarende bevel versoek dat die padverkeersregulasies, wat die tydperk van geldigheid vir lisensiekaarte tot vyf jaar beperk, as buite die wetgewer se magte verklaar word, asook onredelik, arbitrêr en vaag. In die aansoek word ook ’n verklarende bevel versoek dat motoriste nie gepenaliseer of beboet mag word as hulle nie in besit van ’n hernude lisensiekaart is nie.

Daar bestaan sterk regs- en praktiese gronde wat die grondslag vorm van AfriForum se regsaansoek:

  • Vanuit ’n regsoogpunt is die Nasionale Padverkeerswet 93 van 1996 en die regulasies daarvan té vaag om prakties te wees. Die Wet onderskei nie duidelik tussen ’n “bestuurslisensie” en ’n “bestuurslisensiekaart” nie. Dit bepaal ook nie eksplisiet dat motoriste vir nuwe lisensiekaarte moet aansoek doen wanneer dit verval nie, en ook nie dat dit ’n misdaad is om met ’n lisensie rond te ry wat verval het nie. Boonop skryf dit geen boetes, straf of sanksie voor in só ’n geval nie. As sulks is die wetgewing nóg duidelik, nóg skerp omlyn, nóg inherent samehangend genoeg sodat die algemene publiek met ’n mate van sekerheid kan weet wat van hulle verwag word nie. Meer nog: Daar kan aangevoer word dat die wetgewing ultra vires is; met ander woorde, die regering kan nie lede van die publiek straf indien dit nie duidelik kan aandui watter wet oortree word nie. Enige straf in dié geval kom op ’n skending van regte neer.
  • Vanuit ’n praktiese oogpunt maak die Departement van Vervoer se goed gedokumenteerde administratiewe, operasionele en finansiële gespartel dit onuitvoerbaar, onredelik en irrasioneel om van bestuurders te verwag om hul lisensiekaarte elke vyf jaar te hernu.  
  • Die aansoek beklemtoon voorts dat verskeie lande van regoor die wêreld reeds besluit het om ’n kaartstelsel in werking te stel wat nie dieselfde gereelde hernuwings soos in Suid-Afrika vereis nie.  

Indien AfriForum in sy regsaksie slaag, sal dit ’n keerpunt tot gevolg hê. Dit sou beteken dat die regering die publiek vir meer as 20 jaar lank wederregtelik gestraf het.