Bheki Cele moet waai!

AfriForum eis Bheki Cele se afdanking

4764

0
10000


Bheki Cele moet waai.

Jy kan Bheki Cele se afdanking eis.

Eis Bheki Cele se afdanking en stuur die ope brief aan pres. Ramaphosa deur jou naam hier by te voeg.

Jy kan hierdie brief aan pres. Ramaphosa stuur:

Letter-to-demand-Celes-dismissal.pdf

Vul hierdie vorm in:

AfriForum eis dat die minister van polisie, Bheki Cele, onmiddellik afgedank word

As ’n organisasie, en die meer as 300 000 lede wat AfriForum verteenwoordig, is die organisasie diep bekommerd oor die optrede en mislukkings van Cele.

Dit het onlangs aan die lig gekom dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) die afgelope twee jaar meer as 1 300 speurders verloor het. In ’n land waar 67 mense daagliks vermoor word, is dit onaanvaarbaar dat hierdie personeel nie vervang is nie.

In nog ’n skokkende voorval by ’n gemeenskapspolisiëringsvergadering in Gugulethu, het Cele herhaaldelik vir die leier van ’n burgerregte-drukgroep wat hom gekritiseer het, geskree “shut up!” en “get out!”.  Die betrokke leier is toe met geweld deur SAPD-beamptes uit die openbare vergadering verwyder. Hierdie ontstellende voorval was slegs die jongste in ’n lang lys van voorvalle en mislukkings, wat AfriForum in hul brief uiteensit, wat Cele se ongeskiktheid vir sy posisie demonstreer.

Voeg hierby dat Cele in 2020 ook op ’n vergadering van die boeregemeenskap in Normadien teen besorgde landsburgers uitgevaar het. Cele is die afgelope paar dae ook na bewering betrek by ’n 2010 Fifa Wêreldbeker-akkommodasietenderskandaal van R47 miljoen.

In 2012 het die Openbare Beskermer bevind dat Cele, wat destyds polisiekommissaris was, skuldig was aan onbehoorlike gedrag en wanadministrasie met betrekking tot ’n huurkontrak van R500 miljoen vir die Sanlam Middestad-gebou in Pretoria, en ’n raad van ondersoek het Cele ongeskik vir sy amp bevind, wat gelei het tot sy skorsing. Hierdie is slegs ’n paar voorbeelde op Cele se groeiende lys van mislukkings.

“Bheki Cele het al keer op keer gewys dat hy nie die vaardighede en temperament het om sy kritieke posisie te vul nie. Ministers wat nie opgewasse is vir hul posisies nie, het lank genoeg misluk en hulle growwe wangedrag het vir lank genoeg ongestraf verby gegaan,” sê Jacques Broodryk, veldtogtebestuurder by AfriForum.

“Hoe is die misdadigers van hierdie land veronderstel om ’n minister van polisie te vrees wat so maklik sy humeur verloor en op besorgde burgers skree? Die mense en gemeenskappe van Suid-Afrika verdien baie, baie beter,” sluit Broodryk af.

Weg met lisensiehernuwings!

Weg met lisensiehernuwings!

31660

0
35000


AfriForum is besig om regstappe te doen teen die vereiste om lisensiekaarte elke vyf jaar te hernu. Die burgerregteorganisasie het hofstukke ingedien waarin dit ‘n verklarende bevel versoek dat die padverkeersregulasies, wat die tydperk van geldigheid vir lisensiekaarte tot vyf jaar beperk, as buite die wetgewer se magte verklaar word, asook onredelik, arbitrêr en vaag. In die aansoek word ook ’n verklarende bevel versoek dat motoriste nie gepenaliseer of beboet mag word as hulle nie in besit van ’n hernude lisensiekaart is nie.

Daar bestaan sterk regs- en praktiese gronde wat die grondslag vorm van AfriForum se regsaansoek:

  • Vanuit ’n regsoogpunt is die Nasionale Padverkeerswet 93 van 1996 en die regulasies daarvan té vaag om prakties te wees. Die Wet onderskei nie duidelik tussen ’n “bestuurslisensie” en ’n “bestuurslisensiekaart” nie. Dit bepaal ook nie eksplisiet dat motoriste vir nuwe lisensiekaarte moet aansoek doen wanneer dit verval nie, en ook nie dat dit ’n misdaad is om met ’n lisensie rond te ry wat verval het nie. Boonop skryf dit geen boetes, straf of sanksie voor in só ’n geval nie. As sulks is die wetgewing nóg duidelik, nóg skerp omlyn, nóg inherent samehangend genoeg sodat die algemene publiek met ’n mate van sekerheid kan weet wat van hulle verwag word nie. Meer nog: Daar kan aangevoer word dat die wetgewing ultra vires is; met ander woorde, die regering kan nie lede van die publiek straf indien dit nie duidelik kan aandui watter wet oortree word nie. Enige straf in dié geval kom op ’n skending van regte neer.
  • Vanuit ’n praktiese oogpunt maak die Departement van Vervoer se goed gedokumenteerde administratiewe, operasionele en finansiële gespartel dit onuitvoerbaar, onredelik en irrasioneel om van bestuurders te verwag om hul lisensiekaarte elke vyf jaar te hernu.  
  • Die aansoek beklemtoon voorts dat verskeie lande van regoor die wêreld reeds besluit het om ’n kaartstelsel in werking te stel wat nie dieselfde gereelde hernuwings soos in Suid-Afrika vereis nie.  

Indien AfriForum in sy regsaksie slaag, sal dit ’n keerpunt tot gevolg hê. Dit sou beteken dat die regering die publiek vir meer as 20 jaar lank wederregtelik gestraf het.

Red Afrikaans

11636

0
20000


Deel hier om Afrikaans te red:

Stop die aanslag op Afrikaans, Afrikaanse skole en Afrikaanse kinders!

Indien die beplande Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys aanvaar word, verloor gemeenskappe seggenskap oor Afrikaanse skole se taalbeleid, toelatingsbeleid, bestuur en finansiële besluite en vele ander sake waaroor gemeenskappe self moet kan besluit. Ons kinders en uitnemende Afrikaanse skole se toekoms is op die spel. Bring jou kant en voltooi die vorm om jou beswaar hierteen onder die minister van Basiese Onderwys en die betrokke amptenare se aandag te bring:

Klik hier om die wysigingswetsontwerp te lees